CrimeNews

Rowers vat ’n Sondag-uitstappie deur die stad

Rowers wat op twee besighede toegesak het die afgelope naweek is steeds op vrye voet.

Rowers wat op twee besighede toegesak het die afgelope naweek is steeds op vrye voet.

Vir meeste inwoners word ’n Sondag gedoop as ’n rusdag maar, vir rowers is dit alles behalwe.
Op 26 November was die nagskof personeel van ’n bekende vulstasie rustig besig met hul werksverpligting. ’n Petroljoggie het ewe skielik ’n wit voertuig opgemerk wat vir ’n geruime tyd op en af verby die vulstasie gery het, maar hy het gedink die mense in die voertuig het dalk net verdwaal.

Daar word beweer dat die voertuig gestop het by ’n petrolpomp en een van die drie insittendes het uitgeklim.
Die bestuurder van die vulstasie het vertel dat die man in die winkel ingestap het en heel normaal gevra vir lugtyd, betaal en toe uitgestap en die naaste petroljoggie genader.

“Die verdagte het ’n vuurwapen uitgeruk en die dame gedwing om die buitekamer waar al die kitspunte is, oop te sluit maar gelukkig het sy nie die sleutel byderhand gehad nie. Sy het glo toe vir die rower gesê dat sy die sleutel agter in die winkel sal gaan haal,” het die bestuurder gesê.

Die rower het glo toe al die kliënte wat op daardie stadium in die winkel was beroof van al hul waardevolle besittings en die kassier beveel om die kasregister oop te maak en al die kontant aan hom oor te gee.

“Die kassier kon op daardie tyd nie die kasregister oopkry nie en is toe net beroof van haar selfoon. Na ’n hewige gestoei het die rower opgegee, in die wit voertuig gespring en gevlug,” het sy by gesê.

Enkele minute later het dieselfde groep blykbaar toegesak op ’n kitskos eetplek maar die rooftog was onsuksesvol en het die rowers net weggekom met die werkers se selfone.

“Ek sit elke aand hier en sien hoe die mense in en uit die plek beweeg. Daardie drie rowers het net soos kliënte gelyk, maar toe het hulle probeer skade aanrig,” het die sekuriteitswag mnr. Thepiso Dlamini ten slotte gesê.

LEES OOK:
Besighede beroof, eienaars moet skadegeld opdok
Gastehuis beroof deur ‘gaste’

 
Back to top button