CrimeNews

Trok kapings vir kersfees

“Jy is nêrens meer veilig nie en dit maak my so kwaad en hartseer,”

Al hoe meer trokdrywers word geteiken deur kapers wat wakker staan en in spanne wag om die volgende trok te kaap.
Die afgelope week het nog drie trokdrywers onder kapings deurgeloop.

Op 15 November het mnr. Michael Mutha na ’n lang rit op die N12-snelweg stilgehou om bietjie bene te rek. Met Mutha se terugkeer na die trok is hy verras deur twee onbekende mans, beide gewapen.

Die twee verdagtes het Mutha gedwing om agter in die trok te klim toe hy ’n voertuig agter die trok gewaar.

“Dit wat ek kon sien en uitmaak was dit ’n wit Polo Volkswagen. Twee van die verdagtes het met my en die trok weggery. Die kapers was so aggressief en het die hele trok se binnekant verwoes, op soek na die ‘tracker’. “Na seker so 45 minute het die trok tot stilstand gekom en die kapers het my beveel om uit te klim, maar om eers al my waardevolle besittings aan hulle te oorhandig,” het Mutha gesê.

Na die gewapende verdagtes met die trok weggery het, het die wit voertuig blykbaar vir nog ’n ruk gewag daar waar hulle Mutha afgelaai het.

“Toe die voertuig weg is, het ek tot by die pad geloop en vir hulp gevra. Daar het ’n voertuig gestop en vir my hulp aangebied om ’n oproep te maak. Ek het my werkgewer dadelik gekontak,” het hy gesê.

Nadat Mutha tot veiligheid gebring is, het sy werkgewer hom in kennis gestel dat sy vervoertrok net voor Chrissiesmeer opgespoor is deur die opsporingstoestel.

“Jy is nêrens meer veilig nie en dit maak my so kwaad en hartseer,” het Mutha ten slotte gesê.

LEES OOK:
Snelweg-kapers sak weer toe
Trokdrywer gekaap na hy stop vir ‘polisie’

 
Back to top button