ADVERTISEMENT:

Die Makhado Polisie het ingestem dat ongesensorde beeldmateriaal van die onlangse inbrake by twee hotelle van die area - Lalapanzi en Ultimate Guesthouse - gepubliseer mag word. Die polisie het ook die publiek se hulp gevra om dié mans op te spoor sodat hulle ondervra kan word. Beeldmateriaal verskaf.

Help hulle vastrek

Lede van die plaaslike polisiemag is vasberade om misdaad hok te slaan.

Hierdie resolusie het gekom van die Makhado Polisie te midde van ‘n hernude vlaag van inbrake in en rondom Louis Trichardt. Verlede week veral het die polisie hul hande vol gehad. Daar het feitlik nie ‘n dag verby gegaan sonder ‘n nuwe inbraak wat aangemeld is nie. In sommige gevalle is daar sommer meer as een inbraak in dieselfde aand aangemeld.

Sedert verlede Saterdag was daar ses voorvalle wat die polisie kon bevestig.

In meeste van die gevalle is daar op kleinhoewes ingebreek en het die diewe hulle toegespits op televisies. Hiervan was die mees opspraakwekkende geval by die huis van mnr. en mev. Tok en Marie Barnard wat sowat 10 km buite Louis Trichardt woon (Levubu-pad). Tannie Marie het 'n inbreker op heterdaad in die huis betrap, terwyl hy besig was om hulle TV-stel te steel. Hulle sou eers die volgende oggend hoor dat dieselfde inbrekers 'n uur-en-'n-half later ook by hulle bure ingebreek het, sonder dat die bure wakker geword het. 

Plaaslike polisiewoordvoerder konst. Irene Radzilane het by navraag gesê dat dit nie net die Soutpansberg-gemeenskap is wat deurloop nie. Regoor die wydte en breedte van die Limpopo provinsie het huisbrake skerp toegeneem, waar daar in meeste van die gevalle televisies gesteel word.

Sowat drie weke gelede het die Makhado Polisie ook ‘n spesiale taakmag op die been gebring om dringend die inbrake te ondersoek. Daar word vermoed dat die verskillende inbrake, veral verlede week se huisbrake, die vuilwerk kan wees van een bende. Deel van die polisie se ondersoek, het Radzilane bevestig, is om te bepaal aan wie die diewe die TV-stelle en ander elektroniese ware verkoop.

Te midde van die hernude vlaag misdaad, kon die polisie daarin slaag om ‘n deurbraak te maak in hulle ondersoek. Twee verdagtes is teen die einde van verlede week aangekeer. Daar word vermoed dat dié mans positief verbind kan word met talle van die huisbrake in en om Louis Trichardt.

Moloko Tshidada (27) en Trevor Ghumba (30) het Dinsdag in die Louis Trichardt Distrikshof verskyn op verskeie klagte wat verband hou met besigheid- en huisbraak, diefstal en die besit van vermoedelik gesteelde goedere. Die Staat sal na verwagting die mans se borgaansoek teenstaan om die polisie ‘n kans te gee om hul ondersoek te voltooi.

Ná die arrestasies het Radzilane veral die verskillende plaas- en dorpswaglede bedank dat hulle die polisie se hande sterk in die stryd teen misdaad. “Hierdie arrestasies sou nie moontlik gewees het sonder die hulp wat ons ontvang van die gemeenskap nie,” het Radzilane gesê. Sy het ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om aan te hou om inligting deur te gee aan die polisie, sodat hulle meer arrestasies kan uitvoer en die misdadigers agter tralies kan kry.

Dit is juis om hierdie rede wat die polisie ingestem het dat die beeldmateriaal – wat in die koerant se besit is – van inbrake en diefstalle by hotelle en gastehuise in die laaste paar maande gepubliseer mag word. Die koerant het in die verlede die materiaal beskikbaar gestel, maar op versoek van die polisie en plaaswag die beeldmateriaal gewysig sodat die verdagtes se identiteit nie sigbaar was nie..

Volgens Radzilane bestaan daar ook ‘n sterk vermoede dat die verdagtes, spesifiek in die geval van die hotelle, bekend is met die area. Sy het ‘n beroep gedoen op inwoners om paraat te wees oor dit wat in hulle omgewing aan die gebeur is.

Enige iemand met inligting, wat die polisie kan help in hul ondersoek, kan die spesiale taakmag se bevelvoerder, lt-kol. Rambuda, kontak by tel. 082 451 7154.

News - Date: 12 September 2016

Recent Articles

Search for a story:

Die Makhado Polisie het ingestem dat ongesensorde beeldmateriaal van die onlangse inbrake by twee hotelle van die area - Lalapanzi en Ultimate Guesthouse - gepubliseer mag word. Die polisie het ook die publiek se hulp gevra om dié mans op te spoor sodat hulle ondervra kan word. Beeldmateriaal verskaf.

Die Makhado Polisie het ingestem dat ongesensorde beeldmateriaal van die onlangse inbrake by twee hotelle van die area - Lalapanzi en Ultimate Guesthouse - gepubliseer mag word. Die polisie het ook die publiek se hulp gevra om dié mans op te spoor sodat hulle kan ondervra word. Beeldmateriaal verskaf.

ADVERTISEMENT

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: