Local newsNewsUpdate

OPVOLG: Adriaan is wakker

Die 15-jarige seun van Kriel (Ga-Nala) is nog steeds in die intensiewe sorgeenheid van Witbank Hospitaal

Dit gaan sommer baie beter met Adriaan Keyser

Die 15-jarige seun van Kriel (Ga-Nala) is nog steeds in die intensiewe sorgeenheid van Witbank Hospitaal na hy op 14 April ’n oordosis heroïne ingekry het.

ze157-3rs

Sy ma, me. Trudie Snyman het gesê hy is nog steeds aan die ventilator gekoppel.

“Adriaan het keelinfeksie. Maar dit gaan sommer baie beter met hom,” het sy gesê.

Snyman het gesê haar seun probeer lag, en hy huil ook baie.

“Adriaan kan nog nie praat nie, maar daar is elke dag ’n verbetering,” het sy gesê

LEES VORIGE BERIG HIER:

 
Back to top button