LettersOpinion

Suurstof koop? Ja sonder twyfel …

Johannes van Krugersdorp skryf:

Meng jou met die semels, dan vreet die varke (renosters) jou op – ook jou suurstof.

Ons weet China is die groot koper van renosterhorings en ivoor. Die regering deel met China om sodoende die geld (Mammon) aan die rol te sit en te hou. Die geld wat ons as belastingbetaler betaal teen die stroop van renosters, is vir die regering ’n druppel in die emmer teenoor dit wat hulle by die Chinese score.

In China is daar ’n tekort aan suurstof as gevolg van hul vele fabrieke se besoedeling. Hul burgers loop met maskers rond as beskerming teen die fabrieke se uitlaatgasse en oorbevolking.

Nou koop die Chinese suurstof van Kanada af. Verlede jaar het hul bevolkingswet verander van een kind per gesin na twee kinders per gesin. So word die ‘broeisels’ Suid-Afrika toe gepos om sodoende hul besoedeling en oorbevolking hier voort te sit.

Onder geen omstandighede sal ’n Chinees saam met ‘n Suid-Afrikaner in ’n ligte luim verkeer nie, alleenlik daar waar Mammon betrokke is. Dus is die Chinese net vir die regering ’n voordeel en te hel met die belastingbetaler.

Check Also
Close
 
Back to top button