CrimeNews

Man en vrou voor kind aangerand

Drie gewapende rowers het ’n man en vrou en hul 6-jarige seun oorval en aangerand, terwyl hulle huis toe gestap het.

Drie gewapende rowers het ’n man en vrou en hul 6-jarige seun oorval en aangerand, terwyl hulle huis toe gestap het.
Die man en vrou het Dinsdag 6 Oktober om 20:00, soos elke dag in Bennie Oslerstraat afgestap na Spring Valley, waar hulle woonagtig is.
Mnr. Nqobizitha Mabaso, me. Khensani Mhlanga en hulle kind Akhona Dlamini, het van die werk af gekom toe hulle oorval is deur drie onbekende mans met balaklawas. Hulle was gewapen met ’n vuurwapen en mes.

“Die een man het afgestorm op my met ’n mes en toe ek omdraai toe sien ek die ander man met die geweer by my vrou,” het Mabaso in skok gesê.

cv103brs
Mnr. Nqobizitha Mabaso met ’n verband op sy kop en me. Khensani Mhlanga is steeds geskok oor die voorval.

Die rowers het aggresief geraak en Mhlanga op die grond vasgedruk en probeer verkrag.
Haar man het ’n bakleiery opgesit met die ander rower en is in die proses in die kop gesteek met ’n mes, terwyl hul kind weerloos moes staan en toekyk.

Die rowers is skrik op die lyf gejaag toe die vrou hard begin gil het, en het die veld ingehardloop.

“As ek nie gegil het nie dan sou die sitsuasie dalk net hand uit geruk het, maar dankie aan die mense wat uitgekom het toe ek gegil het,” het Mhlanga dankbaar gesê.

Hulle is weg met albei se selfone en kontant.
’n Inwoner wat die vrou gehoor gil het, het dadelik die Reyno Ridge Sub Sector 6 buurtwag oor die radio geroep wat minute later op die toneel aangekom het. Hulle is dadelik die veld in op soek na die verdagtes.
Hulle het ook die slagoffers dadelik met noodhulp gehelp saa, met hulle gewag vir die polisie.
Op die toneel wou Mhlanga nie praat nie en het eenkant gesit en haar klein seuntjie gesus terwyl haar man deurmekaar probeer vertel wat gebeur het.
Die ambulans is na die toneel ontbied en Witbank Polisie het gevolg.
Die paartjie en hulle seun is na Witbank Provinsiale Hospitaal toe geneem vir verdere mediese behandeling.
Die kind is niks skade aan gedoen nie maar die hele gesin is getraumatiseer na die voorval.

“Hulle het van nêrens gekom en dit was die laaste ding wat jy verwag as jy elkedag die pad huis toe stap,” het Mabaso geskok gesê.

Mabaso, Mhlanga en Dlamini is dieselfde aand ontslaan sterk tuis aan.
Nog geen arrestasies is gemaak nie maar die saak word ondersoek deur die polisie.

 
Back to top button