CrimeNews

Dwelmbedrywighede dryf Duvha-inwoners tot raserny

“As julle dink Hillbrow en Sunnyside wremel van ‘drugs’, ‘drug dealers’ en ‘drug lords’ sal julle verbaas wees wat onder ons neuse aan die gebeur is,”

Dwelms raak nie net die verslaafde se lewe in ‘n negatiewe opsig of manier nie, maar ook die naastes en omgewing van die verslaafde.

“As julle dink Hillbrow en Sunnyside wremel van ‘drugs’, ‘drug dealers’ en ‘drug lords’ sal julle verbaas wees wat onder ons neuse aan die gebeur is,” het ‘n onstelde inwoner van Duvhapark aan WITBANK NUUS gesê.

Na bewering staan karre tou vir dwelms elke dag, maar meestal naweke en maand-einde by die OR Tambo-afrit na Duvhapark toe.

“Hulle ken nie van tyd nie, hulle is besig van vroegoggend tot laataande. As jy verby hulle ry, gluur hierdie ‘drug dealers’ jou so aan asof hulle weet ons mense van die omgewing is te bang om te praat en daar sal niks met hulle gebeur nie,” het ‘n inwoner vertel.

Daar word veder beweer dat daar selfs voertuie met regestrasieplate van Gauteng deurkom om hierdie mense van onheil te ondersteun, selfs skoolkinders is deel van hierdie epidemie.

“Ek het al menige male die polisie in kennis gestel van hierdie probleem, maar dit raak nie beter nie,” het die inwoner bygevoeg.

Voertuie van die dwelmhandelaars patrolleer die strate van Duvhapark met klipharde musiek soos roomyskarretjies om hulle kliënte te lok en bewus te maak van besigheid.

“Wanneer gaan daar orde aan hierdie situasie kom? Ek het my huis al in die mark gesit oor hierdie problem,” het die keelvolle inwoner bygevoeg.
“Die ‘drug dealers’ verwoes onskuldige kinders se lewens en baie families,” het hy ten slotte gesê.
Kaptein Eddie Hall, woordvoerder van Witbank Polisiestasie het gesê, “Verdere ondersoek word ingestel en daar word aandag gegee aan dié probleem.”

 
Back to top button