NewsSchool sportSchoolsSport

Cheerleaders die top toerkie van die dag

Noordheuwel is trots op hul nasionale kampioene.

Hoërskool Noordheuwel se Cheerleaders-span het aan die begin van Julie groot sukses behaal.

Hulle het die Suid-Afrikaanse Majorette en Cheerleading Vereniging se nasionale kampioenskappe wat in Bloemfontein gehou is, gewen.

Carli Shawe, Nolwazi Sibanda, Courtney Stander en Leandri du Toit word deur hul spanmaats opgelig.
Carli Shawe, Nolwazi Sibanda, Courtney Stander en Leandri du Toit word deur hul spanmaats opgelig.

Lizette Kotze, die spanbestuurder en organiseerder het gesê ’n sport waarin lede volle vertroue in hul spanmaats moet hê, verg gereelde oefening.

“Dit is ’n baie gedissiplineerde en vaardigheid-georiënteerde sport. Ons moet ten minste vyf uur per week oefen.”

Candia Lonsdale, die span se afrigter wat ook die Samca-span in die wêreldtoernooi afrig, het die Cheerleaders-span vir verskillende kategorieë ingeskryf, waarby hulle die algehele wenners is.

Tenecia Coetzee word opgelig tydens ’n roetine.
Tenecia Coetzee word opgelig tydens ’n roetine.

Lizette het gesê alhoewel hierdie sport nog nuut is in Suid-Afrika, is daar wel ’n jaarlikse toename in spanne wat deelneem.

“Laasjaar was daar net ’n finale rondte, vanjaar het ’n semifinale rondte bygekom.”

_558446773

Kliek hier om na nog foto’s van die skool se Cheerleaders te kyk.

Verwante artikels:

• Nories spog met PUK-sportuitslae

Hoërskool Noordheuwel se Cheerleaders is tops.

• New York hier kom die Nories

 
Back to top button