CrimeNews

Hond in inkopiesak gevind

Dieremishandeling in Ga-Nala (Kriel) is nog nie op ’n einde nie.

Op 29 Junie ongeveer 14:00 is ‘n dooie hond gekry deur lede van Kriel 911 op die hoek van Gala- en Playfairstraat. Die hond was in ‘n inkopiesak in die veld gekry.

Volgens Kriel DBV het hulle daardie aand ongeveer 19:00 ‘n oproep gekry van ‘n inwoner in die gebied om hulle in kennis te stel van die hond. Die vrou het gevra of sy die munisipaliteit kan bel om die hond te verwyder en die DBV het toestemming gegee daarvoor. Volgens die DBV help die munisipaliteit hulle gewoonlik om die diere wat dood gekry word te verwyder, aangesien hulle dit nie self doen nie.

Die hond wat dood in ’n inkopiesak gekry is in Ga-Nala op die hoek van Gala- en Playfairstraat op 29 Junie.
Die hond wat dood in ’n inkopiesak gekry is in Ga-Nala op die hoek van Gala- en Playfairstraat op 29 Junie.

Dieremishandeling is ‘n baie ernstige oortreding en kan nie gestop word sonder die publiek se hulp nie. As enige iemand inligting het oor hierdie hond, kontak die DBV op 017 648 5413.

*Ongeveer twee weke gelede is ’n hond se geslagsdele in Ga-Nala afgesny. Daar word vermoed iemand het die eienaars se erf betree om dié onmenslike daad te pleeg.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Witbank Nuus se webwerf:
Witbank Nuus

Besoek ook ons Facebook of Twitter blaaie.
Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n boodskap op WhatsApp met jou ‘Naam en Van’ na 082 955 7201 of teken aan op BBM 7F6C600F om jou nuusflitse gratis te ontvang.

 
Back to top button