Local newsNews

GPF en nooddienste werk saam

'n Bejaarde vrou word per helikopter na hospitaal geneem nadat sy haar kop oopgeval het.

Nooddienste en die Sektor 8 Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het saamgewerk na ‘n bejaarde haarself in haar huis beseer het.

Die bejaarde vrou het na bewering op 4 Desember van die trappe in haar huis afgeval en haar kop teen ‘n ornament teen die muur oopgesny. Netcare 911 het die Sektor 8 GPF genader om te help met voorbereiding vir hul helikopter om die beseerde na ‘n hospitaal te vervoer.

Die GPF-patrolleerders het spoedig te werk gegaan om verkeer af te keer by die parkeerarea oorkant die Funchal kitskosrestaurant op Voortrekkerweg.

“Ons het die paaie rondom die parkeerarea afgesper sodat die helikopter kan land,” vertel Henry Carson van die GPF.

‘n Netcare 911-helikopter het ‘n noodlanding by die parkeerarea gedoen om die beseerde na Milpark Hospitaal te neem.

 
Back to top button