CrimeLocal newsNews

‘n Eeu agter tralies vir misdadiger

'n Man is vandeesweek 100 jaar tronkstraf opgelê vir 'n rits motorkapings en rooftogte.

100 jaar.

Dit is hoe lank die vonnis is wat ‘n motorkaper en rower vandeesweek deur die Suid-Gautengse Hooggeregshof opgelê is.

Xolani Physics Fihlani van Zulu Jump in Kagiso is skuldig bevind en tot 50 jaar vir roof met verswarende omstandighede en 50 jaar vir motorkaping gevonnis. Die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word.

Fihlani is skuldig bevind op ‘n rits aanklagte vir misdade wat hy tussen 2008 en 2012 gepleeg het, onder meer in areas soos Kagiso, Randfontein, Krugersdorp en Magaliesburg.

Mzamani Bvuma, waarnemende bevelvoerder van die Kagiso Polisiestasie sê hy is tevrede met die vonnis.

“Die veroordeelde het baie pyn vir mense veroorsaak en hulle die reg ontneem om ‘n goeie, normale en veilige lewe te lei. Hy en sy medepligtiges was nie net ‘n bedreiging vir die persoon wat hulle beroof het nie, maar ook vir die land se ekonomie.”

Hy het voorts gesê dat misdaad nie betaal nie en dat misdadigers moet besef hoe dit mense se lewens verwoes.

 
Back to top button